fbpx

WSBEorchids

Die Burger, 27 Oct. 2007

Britse kinders kom deel hul kennis van orgidee.

By Samarie Smith – Published in Die Burger – Afrikaans

So reken Ben Stokes (15), een van ses leerders van die Hoerskool Writhlington in Suidwes-Engeland wat tans in Suid-Afrika kuier om hul kennis van orgidee en die kweek daarvan met skole hier te deel.

Hulle lewer demonstrasies by die Kaapstadse blom-en-tuinskou wat tot Sondag op Lourensford-land-goed gehou word.

Volgens me. Pam Bowing, een van die direkteure van die skou, gaan hulle nie net hul kennis deel nie, maar ook hul kweek-laboratorium ann een van die skole skenk.

Die skool se orgidee-projeck is 19 jaar gelede deur ‘n wetenskap-onderwyser, mnr. Simon Pugh-Jones, op die been gebring. Die skool is nou die grootste verkoper van orgidee aan die Britse publiek, en het reeds verskeie medaljes en toekennings gewen.

“Ons het die skool se ou kweekhuis in ‘n huisplantkwekery omskep en ‘n meisiesbadkamer afgebreek om die laboratorium in te rig,” het Pugh-Jones vertel.

Die idee was om geld vir die skool in te samel en bewaringsinisiatiewe van die “eksotiese en sensitiewe plant” in tropiese lande te ondersteun. Nou word did as deel van die skool se kurrikulum aangebied en kan leerders kies om daaraan deel te neem.

“Die seuns het reeds projekte in Guatemala, Costa Rica, Laos en Indie aangepak,” het Pugh-Jones opgewonde vertel.

Koffieplantasies in Laos word ingespan om orgidee in die skadu daarvan te kweek – “twee oeste in een”.

Luke Barnes (13), die laboratoriumbestuurder, staan sowat 15 uur per week af om die orgidee nat te gooi, in potte oor te plant en seker te maak dit word bestuif en suksevol gekweek.

“My gunstelingtaak is om die plante vir skoue blink te poets,” het Barnes gese terwyl hy die delikate kweektegniek aan Die Burger gedemonstreer het.

Die laboratorium-apparaat waarop hy werk sorg dat die lug winniger uitgeblaas word as wat dit terung kan vloei. Dit werhoed dat bakteriee muf veroorsaak op die voedingsjellie waarop die plante leef. Die tangetjie word met alkohol ontsmet voordat die jongs plantjie ne sy eie botteltjie oorgeplaas word.

“Dit het die plantjie ses maande geneem om 3 cm te groei. Dit sal oor drie jaar begin blom,” het Luke vertel.

Top